Hierdie boek is bedoel vir mense wat graag wil skryf en probeer publiseer. Hierdie boek is ook bedoel vir mense wat hulle lewens, gedagtes, keuses, dade, gevoelens, besluite, ensovoorts, wil verken op ’n storiemanier.
Die kursus is gestruktureer rondom my siening van die storiekern as die eenvoudigste storielyn (Dag 11).
Ek het van 2000 tot 2004 ’n internet-storiemaak-kursus en veertien een-dag-storiemaak-werkswinkels aangebied. In 2003 het Tafelberg-Uitgewers ’n skryfhandleiding Eendag was daar ’n storie gepubliseer. Die oplaag is uitverkoop. Die land van stories is die nuwe en verbeterde weergawe.