Wat het ’n mens nodig om kreatief te skryf?
• ’n sterk taalaanvoeling
• ’n passie vir lees
Bogenoemde twee eienskappe is uniek tot kreatief-skryf, in watter genre ookal, maar daarmee saam kom ook eienskappe wat noodsaaklik is om enigiets nuut te skep, naamlik eienskappe soos:
• volharding
• vermoë om kritiek/kommentaar te hanteer en te verwerk
• geduld, geduld, geduld, geduld
• bereidheid om iets oor en oor deur te werk
Kan kreatiwiteit aangeleer word?
There is evidence that if you break down creativity into its factors, ability in those factors can be increased by training. If creativity itself cannot be taught, perhaps we can create the conditions in which it can flourish.
Frank Barron in inleiding tot Creators on Creating
(Bladsy 18 uit Die land van stories)