In ons. In elkeen van ons. Stories kom uit ons uit! Ons lewens is ook stories. Die mens is ’n storiemakende wese. Van die ou-ou tyd af probeer hy/sy sin maak van sy omgewing en van gebeure deur stories/verhale te vertel. Stories is orals rondom ons. Daar is stories in:
• ’n vrou wat by ’n venster uitstaar
• ’n kind wat heen en weer en heen en weer swaai op ’n skoppelmaai
• ’n bos rose in die middel van ’n snelweg
• ’n stukkende horlosie op die sypaadjie onder ’n hoë woonstelblok.
Elkeen van ons sal ’n ander storie kan skryf oor hierdie storie-stimuli.