Ons sê dikwels dat ons ’n storie in ons “kop” het. Dit is dalk nie noodwendig in ons “koppe” nie, maar in ons harte, derms, bloed en bene. Dis ook in ons begeertes, ons drome, ons vrese, ons belangstellings, ons waarnemings en ervarings.
Hoe lyk dit in jou “kop”? Ons almal se koppe lyk anders, want ons kry verskillende stories beet/leef verskillende stories. Ons almal se koppe lyk op ’n manier ook eenders, want ons deel menswees.
Vind uit van jou stories, of nie. Dis jou keuse. Daar is altyd keuses in die lewe. Dis soms ’n kuns om raak te sien dat daar keuses is en hoeveel keuses daar is. Hierdie boek is vol moontlikhede. My wens is dat jy jou eie moontlikhede sal ontdek.
Begin jou reis (of nie).
Hou vol met jou reis (of nie).
Doen nes dit goed voel vir jou!